Neo-Kantianisme

Immanuel Kant

Neo-Kantianisme is 'n filosofiese beweging oor 'n langer tydperk wat terugkeer na die epistemologiese werk van die Duitse filosoof Immanuel Kant, veral die Kritiek van Reine Beredening (Kritik der reinen Vernunft). Dit is 'n reaksie op filosofiese bewegings en idees uit die 19de eeu (soos die Duitse idealisme). Alhoewel neo-Kantianisme oorheersend was in Duitse universiteite in die tweede helfte van die 19de eeu, speel dit slegs 'n klein rol in die geskiedenis van die filosofie, en die invloed daarvan op die huidige filosofie is nie baie groot nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search